Friday 1 February 2019

Koeksisters




My eerste probeerslag  was ‘n volslae mislukking, so bak Jongsus koeksisters en ek sê as ek weer kom kuier moet jy vir my wys hoe om koeksisters te bak.  Jongsus  en Ousus het mooi stap vir stap gewys hoe om te maak en daar bak ek heerlike koeksister.

 
Gerda Swanepoel se Koeksisters
Lewer 18 dosyn medium koeksisters
Dit vries baie goed

Stroop
3000ml louwarm water
6000ml witsuiker
5ml sout
5ml kremetart
5ml gliserien

Koeksisters
125g botter
300ml kookwater
300ml koue water
4 eiers
300ml louwarm water
2250ml koekmeel
37.5ml bakpoeier
7.5ml sout
7.5ml kremetart
2500ml goeie kookolie vir bak

Stroop
1.      Meng al die bestanddele en bring tot kookpunt.
2.      Kook vir 10 minute.
3.      Verwyder van die hitte en laat oornag afkoel.
4.      Gebruik die volgende dag by kamertemperatuur.

Koeksisters
1.      Smelt die botter in die kookwater.  Verwyder van die hitte en voeg die koue water by.
2.      Klits die eiers en die louwarm water saam.
3.      Sif al die droë bestanddele saam.
4.      Voeg die botter- en die eiermengsel by die droë bestanddele en roer met die hand tot goed gemeng.
5.      Vorm ‘n elastiese, maklike werkbare deeg en laat rus vir 30 minute.
6.      Rol of vleg die koeksisters na keuse.
7.      Verhit die olie en diepbraai die koeksisters goudbruik aan die een kant, draai om en braai hulle tot dieselfde kleur aan die ander kant.
8.      Skep die koeksisters met ‘n gaatjielepel uit die olie en dompel hulle dadelik in die stroop.  Die koeksisters moet warm tot die ponder die stroop gedruk word.
9.      Skep die koeksisters versigtig uit en laat die oortollige stroop op ‘n sif afdrup.

No comments:

Post a Comment