Monday 9 December 2019

Tuna Mouse



Hierdie resep het ek vir 24 mense vir ons Friendship Force Kersete gemaak.  Ek het baie komplimente daarvoor gekry. 

As daar 'n bietjie oorbly gebruik dit die volgende dag as 'n vulsel op toebroodjies.

Ek het vir 24 mense dit 2.5 keer gemaak en elkeen persoon het sy eie gekry.

TUNA MOUSE

Hierdie kan bedien word as 'n voorgereg vir 20 of 'n ligte ete vir 10 - 12 mense


2 x 170 g blikkies tuna - gedreineer (die in water)
375 ml mayonnaise
1 ui - fyngekap
3 hard gekookte eiers - gekap
125 ml tamatiesous - soos in All Gold nie paste nie
30 ml ansjovis smeer (dis mos anchovy)
15 ml gelatien
60 ml warm water
60 ml yskas water
Sout en peper na smaak
Sit tuna, mayonnaise, ui, eiers, tamatiesous en ansjovis smeer in jou menger (blender / liquidiser) en prosseseer tot fyn en glad.
Los gelatien in warm water op en gooi koue water by en gooi in menger.
Meng totdat gelatien goed deurgewerk is.
Spoel 'n vorm met koue water uit, skud water goed uit en sprei met olie sproei of Cook en Spray.
Skep die mousse in die vorm en laat oornag set in yskas. OF gooi in ‘n broodpannetjie wat met kleefplastiek uitgevoer is OF gooi in ‘n bak en stol, skep met roomys-scoop uit en bedien op individuele bordjies.
Ontvorm op mooi bord en bedien met melba toast, growwe bruin brood of sout beskuitjies soos Salticrax, want hulle breek nie so maklik as die gaste die mousse opsmeer nie.
**indien daar enigiets oorbly, dit is perfek die volgende dag vir broodjie vulsel.
Die hoeveelheid is genoeg vir die Tupperware ring vorm - die groot een



No comments:

Post a Comment