Thursday 23 January 2020

Ma Drieka se Hoendergereg



As die verlange groot word kan ek altyd 'n resep van my ma nader trek.

MA DRIEKA SE HOENDERGEREG

1 Heel hoender, gekook, ontbeen en gepluis
Sit 'n ui by die hoender en jou keuse van speserye as jy dit kook
(ek het hierdie keer sommer stukke hoender gebruik)

1.5 blikke room sampioen sop warm gemaak
(ek het vars sampioene gebraai en 'n halwe pakkie sampioensop poeier met room daarby geroer tot dit net begin dik word het)
3 hardgekookte eiers in skywe gesny
1 blik mieliepitte gedreineer
2 klein pakkies skyfies (kaas en uie) fyn gedruk
Gerasperde kaas
Sout en peper na smaak.

Gebruik 'n oondskottel en plaas die snipperde hoender, mielies, sop, eiers, skyfies en kaas bo-op.
Bak op 180 grade vir 30 minute.

No comments:

Post a Comment