Wednesday 19 February 2020

Trisha se Ingelegde Beet


Ek het hierdie pot ingelegde beet van my hartsvriendin Trisha ontvang.


Trisha se Ingelegde Beet

2kg Beet

Sny die lowwe af en was die beet skoon.
Giet water oor die beet en kook vir ± 30 minute tot gaar.
Trek die skille af en sny groot bete in blokkies, skywe of rasper.

 
Sous:

2 koppies water
2 koppies suiker
3 koppies bruin asyn
½ teelepel sout
½ teelepel gemmer
½ teelepel kaneel

Bring sous tot kookpunt.  Kook die beet in die sous vir 15 minute en bottle warm.


No comments:

Post a Comment