Monday 4 May 2020

Lensiebobotie

Maklike resep vir daardie vleislose dae.  

Lensiebobotie
500 g bruin lensies
2 snye brood
1 k melk
1 ui, opgekap

2 knoffelhuisies, fyngekap
3 e olie
1 e kerriepoeier
1 t borrie
¼ t neutmuskaat
1 e tamatiesous
4 e blatjang
2 t appelkooskonfyt
Sout en peper
2 eiers, geklits
5 loerierblare

Kook lensies in genoeg sout water tot sag, maar nie pap nie.  Dreineer.  Week brood in melk en plaas eenkant.  Braai ui in olie to sag.  Voeg knoffel by en roer deur.  Voeg Kerrie, borrie en neutmuskaat by uie en roerbraao vir ‘n minuut op lae hitte.  Draai hitte laer en voeg gaar lensies by.  Druk melk uit die brood, krummel en voeg brood by die lensiemengsel.  Hou melk eenkant.   Voeg tamatiesous, blatjang en konfyt by en roer deur.  Prut saggies vir 20 minute.  Roer sodat dit nie aanbrand nie.  Geur met sout en peper.  Verhit oond tot 180C.  Skep mengsel in gesmeerde oondbak en maak gelyk bo-op.  Druk lourierblare in die mengsel.  Klits uitgedrukte melk by eiers en giet oor lensiemengsel.  Bak vir 30 minute tot goudbruin.

No comments:

Post a Comment