Monday 4 May 2020

Sjokolade Hawermout Clusters



Gedurende lockdown en 'n mens raak lus vir sjokolade, dan sal hierdie darem help

Sjokolade Hawermout Clusters

½ k botter, in blokkies gesny

½ k kakaopoeier

1 k suiker

½ k melk


3 k hawermout (die wat sê quick cook)

1 k fyn klapper

½ k gladde grondboontjiebotter

1½ t vanieljegeursel



Plaat botter, kakaopoeier, suiker en melk in ‘n swaarboomkastrol.  Meng goed en verhit tot dit liggies kook.  Prut vir 90 sekondes en verwyder van die hitte.  Meng die res van die bestanddele by en skep lepelsvol op bakplaatjie wat met bakpapier gevoer is.  Plaas in die yskas tot gestol.



Wenk:

Varieer die hoeveelheid suiker volgens smaak.

Ek het Museli in die plek van die hawermout gebruik.

Die grondboontjiebotter het ek ook uitgelos.

1 comment:

  1. Caesars Palace Hotel Casino & Spa - MapYRO
    Hotel Information · Pool · Dining · Entertainment · 서울특별 출장마사지 Hotels 사천 출장샵 · Gaming · Promotions · Gaming. Menu. 2121 S 경기도 출장샵 Las Vegas Blvd, Las 남원 출장샵 Vegas, NV 89109. 제주도 출장샵 Phone (702) 770-7555

    ReplyDelete