Tuesday 5 May 2020

Macaroni en Kaas in Argilla Bakke



Jare terug het 'n Argilla bakke gekoop, en ja dit het in die kas gestaan en is nooit gebruik nie.  Soms gebruik om slaai te bedien, maar niks verder nie.  Ek ontmoet vir Jo-Ann deur Annique en sy verkoop Argilla produkte.  Nou tydens lockdown word die resepte nader getrek en word die bakke uitgehaal en word daar 'n slaggie met hulle gekook.  

Hierdie dis het my sommer so laat verlang na my ma, presies soos my ma se Macaroni en Kaas geproe.

Macaroni en Kaas in Argilla Bakke

1 k rou macaroni (ek het so 'n klein bietjie meer gebruik)
1 e margarine
200 g gesnipperde spek

5 eiers
1 e koekmeel
3 t vars pietersielie
1 k warm water ( so 'n bietjie meer gebruik)
1 ui, gekap
500 ml melk
sout en peper na smaak
1 k gerasperde kaas
1 t mosterd

Mikrogold die macaroni en warm water vir 10 minute, op hoog, in die Medium Oval Roaster Argilla bak met die deksel op.  Laat staan vir 10 minute.  Mikrogolf die margarine, uie en spek in die Small Classic Roaster Argilla bak oop, sonder die deksel vir 5 minute op hoog.  Meng die melk, eiers, sout, peper, meel, pietersielie en mosterd saam.  Voeg die gebraaide ui-en-spek-mengsel en die melk-en-eier-mengsel by die gaar macaroni.  Strooi kaas oor.  Bak vir 30 minute in oond teen 160C.  Kan ook vir 20 minute in die mikrogolfoond gebak word op hoog.

No comments:

Post a Comment