Wednesday 29 July 2015

Boontjiesop in die Slow Cooker




Boontjiesop in die Slow Cooker

Soos my ma my geleer het word die boontjies (rooi gespikkelde suikerbone) die vorige aand in die water gegooi (of voordat jy gaan werk as jy dit vanaand gaan kook).  Die volgende dag haal jy die dope wat bo-op dryf af en slegte boontjies.

1 pakkie (500g) suikerbone
2,5 l water (ek gebruik sommer warm water met 2 hoender/bees/lam blokkies daarin opgelos)

4 lekker sopbene
3 wortels (gerasper)
2 aartappels (gerasper)
2 uie (gerasper)
1 klein koevertjie tamatiepaste
 1 tl gedroogte pietersielie
Sout en swartpeper na smaak

Sit alles in jou slow cooker.  Ek sit myne op Auto en los dit vir die hele nag daarin.  Die volgende oggend sal die boontjies lekker sag wees maar nie pap nie, haal die sopbene uit, sny al die vleis af, hou eenkant.  Skep van die boontjies en groente uit en hou eenkant.  Die res gooi ek in 'n gewone pot en "mash" dit 'n bietjie.  Die vleis en die groente wat ek uitgeskep het sit ek dan terug in die pot saam met die res van die sop.  Die sop sal nou baie dik wees,  gooi bietjie kookwater in totdat dit die regte dikte het wat jy wil hĂȘ.  Proe nou die sop en gooi peper en sout in na smaak.  Die sop vries baie lekker.

No comments:

Post a Comment