Wednesday 29 July 2015

Dadel Lemoen Koek



Dadel Lemoen Koek

Sny 1 lemoen, met skil en al, in kleiner stukkies en maal dit fyn saam met 1 pakkie dadels, ek gebruik sommer my voedselverwerker.

Skep in glasbak en gooi 1 t koeksoda en kwart koppie melk oor, laat eenkant staan. 


Klits in mengbak:

1 k suiker, 1 k sagte margarine, 3 groot eiers en 1 t lemoen geursel.
Roer 2 k bruismeel en halwe t sout by.
Roer dadelmengsel by en skep in 2 gevoerde, gesmeerde koekpanne.

Oond 180 C.  Bak vir 30 minute tot gaar.

Koel heeltemal af en versier met gewone lemoen-botterversiersel



LEMOENBOTTERVERSIERSEL
125 g sagte botter
375 ml (1½ k) versiersuiker, gesif
30 ml (2 e) lemoensap
gerasperde skil van 1 lemoen
1 druppel lemoengeursel

Meng die versiersel terwyl die koek bak. Klop die botter in ’n elektriese menger tot liggeel en donsig.
6 Voeg eers die helfte van die lemoensap by en daarna die versiersuiker lepel vir lepel. Die res kan bygevoeg word indien die mengsel nie glad genoeg is nie.
7 Voeg die lemoenskil en -geursel by en hou die versiersel eenkant tot die koek heeltemal afgekoel het. Smeer ’n laag oor die koek.

'n Heerlike koek om in die winter te bak.  Bly lekker klam in 'n digte houer.

No comments:

Post a Comment