Wednesday 29 July 2015

Sampioen / Uie Sop Broodjie




SAMPIOEN / BRUIN UIE SOP BROODJIE
1 pak Bruismeel (500g)
1 pak Bruin uie sop poeier
1 houertjie Karringmelk (500ml)
Kaas
Rooipeper

Metode:

Stel oond op 180 grade.

Spuit 'n standaard broodpannetjie

Meng als goed saam in 'n bak met 'n houtlepel.  
Skep die deeg dan in die pannetjie .  Strooi kaas en 'n bietjie rooipeper bo-oor en bak vir 45 minute.

Wenke:

Ek bak altyd sommer 2 broodjies op 'n slag.  Jy kan enige ander geure sop ook probeer.

As jy nie karringmelk het nie, kan jy 1 liter volroom melk neem en 60ml witasyn daarin gooi, meng en gebruik. 

Ek het ook al karringmelk en jogurt ook gebruik.

KARRINGMELK (250ml) Een koppie melk met 1¾ eetlepels kremetart of 1 eetlepel (15ml)wit asyn
of
1 eetlepel suurlemoensap. Die melk sal begin skif. Roer goed voor gebruik.
of
‘n Mens kan gewone ¾ koppie jogurt met ¼ koppie melk meng en dit gebruik om karringmelk te vervang.


No comments:

Post a Comment