Wednesday 29 July 2015

Karamel Broodjies



Heerlik saam met braaivleis

Karamel Broodjies
1kg brood deeg (koop sommer by Spar)
1 houertjie room
1 koppie caramel suiker

Spuit 'n glasbak met Spray and Cook.  Smeer jou hande met gesmelte botter en maak so ongeveer 18 ewe grootte bolletjies.  Sit die bolletjies in jou glasbak/swartpotjie met 'n deksel.  Strooi die suiker en room bo-oor.  Sit bak in 'n koue oond op 180 C, terwyl die oond warm word rys die deeg geleidelik.

Bak die bolletjies in die oond tot mooi uitgerys en ligbruin. Verwyder nou die deksel en bak vir nog ‘n paar minute (± 10 min)…. tot bruin bo-op.  Sit warm voor, skep van die karamelsous bo-oor die bolletjies


Jy sal jou vingers aflek.

No comments:

Post a Comment