Tuesday 13 October 2015

Sjokoladekoek

 
 
In die Koekedoor Resepteboek is hierdie heerlike koek, 'n defnitiewe treffer en die basaar versiersel is net so 'n treffer.
 
Sjokoladekoek
500ml Suiter
3 ekstragroot Evers
125ml olie
500ml koekmeel
125ml kakao
8ml koeksoda
8ml bakpoeier
2ml sout
250ml karringmelk
10ml vanieljegeursel
Voorverhit die oond tot 180C en sheer 2 x 20cm koekpanne.
Klits die suiker en eiers goed saam.  Voeg die olie by en klits tot lig en romerig.
Sif droe bestanddele saam en vou die eier-en-suikermengsel in.
Voeg die karringmelk en vanieljegeursel by.
Skep die beslag in 2 koekpanne en bak vir 30 - 40 minute
Keer uit op n draadrak en laat afkoel.
 
Versiersel:
250ml suiker
45ml mielieblom
7ml koffiepoeier
375ml water
50g botter
Meng al die bestanddele saam in n swaarboomkastrol en veritable oor lae hitte.  Roer aanhoudend tot die mengsel dik is.
Laat effens afkoel voor gebruik
 
Smeer versiersel tussen die koeklae en bo-op die koek en versier met kersies
 



No comments:

Post a Comment