Tuesday 31 May 2016

Groentesop




Hierdie groentesop is 'n heerlik en baie maklik om te maak.  Ek bewerk altyd al die groente en kook die helfde en die ander gedeelte sit ek in die vrieskas.  Die sop is deel van 'n dieet (die dieet volg onder aan die sop resep)


BASIESE SOP:
900g Tamaties
6 Uie
2 Biefblokkies/Hoenderblokkies

1 Pakkie Wit Uie Sop
1 Bondel Seldery
2 Blikkies Groenboontjies (of 500g vars)
1 ½ kg Wortels
1 Groenpepper
Geur met sout, peper en pietersielie.
Sny groente in kleinerige blokkies en top op met water. Kook vinnig vir 10 minute en verlaag dan die temperatuur sodat dit prut. Prut tot groente sag is.

 

 

VETVERBRANDINGS DIEET van die HARTSTIGTINGS VERENIGING

Hierdie dieet kom van die “Special Memorial Hospital” en word gebruik om oorgewig hartpasiente vinnig gewig te laat verloor.

Eet die sop soveel as wat jy wil wanneer jy honger voel – so as jy heeldag honger voel E E T D I E S O P!! Eet soveel soos wat jy wil en wanneer jy wil. Die sop sal nie kaloriee byvoeg nie. Hoe meer jy eet hoe meer sal jy verloor. Jy mag onversoete tee en koffie drink. As jy melk saam met die tee en koffie drink moet dit vetvrye (skimmed) melk wees. Jy moet 6 – 8 glase water per dag drink.

DAG1
Eet slegs sop en vars vrugte. Enige vrugte behalwe piesangs.

DAG2
Eet slegs sop en groente. Geen vrugte nie. Eet soveel van beide as wat jy wil. Geen boontjies, ertjies of mielies nie. Beloon jouself vanaand met ’n GROOT! Gebakte aartappel en botter.

DAG3
Eet soveel sop, vrugte en groente as wat jy wil. Moenie ‘n aartappel eet nie. (Teen hierdie tyd behoort jy 2 – 3kg te verloor het as jy nie gekul het nie.)

DAG4
Eet sop, piesangs en vetvrye melk. Eet ten minste 3 piesangs. Piesangs het hoe kaloriee en koolhidraad inhoud. Teen hierdie tyd sal jou liggaam bogenoemde nodig hê om die “cravings” teen te kant.

DAG5
Eet sop, biefstuk/vis/hoender en tamaties. Jy mag 500g biefstuk/vis/hoender eet en 6 tamaties.

DAG6
Eet sop, groente en biefstuk. Jy mag soveel eet soos jy kan. Geen gebakte aartappel nie.

DAG7
Eet sop, bruinrys en groente – soveel as wat jy wil. Jy mag onversoete vrugtesap drink.Teen hierdie tyd behoort jy 5 – 8kg te verloor het as jy nie gekul het nie. Jy kan solank aanhou met die diet as wat jy wil. Hierdie diet is ontwerp om vet vinnig te verbrand en om jou liggaaam van gifstowwe te reinig. Dit is heeltemal veilig – dit word immers vir hartpasiente gebruik voor ‘n groot operasie. Dit is belangrik dat jy ten minste 24 uur voor jy alkohol inneem met die diet staak. Jy kan slegs EEN van die biefstuk dae vervang met hoender of vis.

ONTHOU: HOE MEER JY VAN DIE SOP EET, HOEMEER SAL JY VERLOOR!


No comments:

Post a Comment