Thursday 19 May 2016

WATERBLOMMETJIE BREDIE


Een van die bekendste produkte uit die Kaap, Waterblommetjies.



WATERBLOMMETJIE BREDIE
BESTANDELE
750 g waterblommetjies
Sout en vars gemaalde swartpeper
30 ml olie
30 ml botter
700 g stoweskaapvleis (nek werk goed, so 'n bietjie vetjies aan die vleis)
 2 uie, grof gekap
1 knoffelhuisie, gekap
Sap van ½ vars suurlemoen
10 ml neutmuskaat
250 ml witwyn
4 aartappels geskil

METODE
Maak waterblommetjies skoon en was goed.
Sit in soutwater en laat staan ’n paar uur of oornag.

Verhit olie en botter en braai ui, knoffel en skaapvleis tot bruin.
Voeg suurlemoensap, neutmuskaat en bruingebraaide vleis by saam met witwyn en gedreineerde waterblommetjies.
Bedek en prut stadig oor lae hitte vir sowat 2 uur of tot vleis sag is.
Roer gereeld. Geur na smaak met sout en peper en druk vars suurlemoensap oor. Sit voor met rys. Genoeg vir ses mense.


Wenk:  Ek het die blomme as so halfpad gekook en gevries.



No comments:

Post a Comment