Monday 13 June 2016

My Maklike Pepermint crisp-tert

 
 
Makliker kan dit net nie wees nie.  Ook nie so soet soos die gewone resep nie.
 
 
My Maklike Pepermint crisp-tert
 
1 pakkie tennisbeskuitjies
halwe blikkie karamelkondensmelk (ek het dit in my vrieskas gehad van 'n vorige keer)
1 pakkie peperment kitspoeding
400ml melk
Orley Whip (ek het in die vrieskas 'n halwe houertjie gehad)
 
Maak die kitspoeding aan (soos op die pakkie staan) met die melk.  Sit in die yskas dat dit kan afkoel.
 
Pak 'n lag tennisbeskuitjies in 'n bak.  Ek het sommer karamel bo-op gesmeer.  Gooi die kitspoeding oor en pak nog 'n laag tenniesbeskuitjies met karamel bo op.  Ek het die Orley Whip net vinnig met die hand geklits nie styf nie en bo-oor gegooi.
 
Sit die tert weer terug in die yskas.
 
Glad nie so soet soos die gewone resep nie.
 
 





No comments:

Post a Comment