Thursday 19 May 2016

Papawer- en Botterkoek

 
 
Elsa Se Flop Koekedoor Koek
 
Die heerlike Papawerkoek het ek by 'n vriendin se verjaardag ge-eet.  Natuurlik spook dit toe by my en met my verjaardag besluit ek om dit te maak.
 
Soos dit maar gaan bak die koek nie soos ek dit wil hê nie en 'n plan moet gemaak word.

Bak toe maar 'n tweede beslag, Botterkoek uit die Kook en Geniet.
 
Die versiel het ek 'n ander vriendin se resep gebruik wat sy altyd op haar Wortelkoek gebruik.  Tussen die lae het ek suurlemoensmeer gesit (resep is onder gebottel)
 
Dit lyk dalk nie skou gehalte nie, maar dit het baie lekker geproe.
 
Versiersel bo-oor koek
100g Margarien
1.5 koppie Versiersuiker
100g maaskaas (glad sonder geur)
5ml vanielje
Meng alles saam.  Hou die koek in die yskas
Papawerkoek resep
3 eiers
375 ml strooisuiker
125 olie
250 ml bulgaarse joghurt
125 ml poppysaad
250 klapper
250 ml bruismeel
Verroom eiers en strooisuiker
Voeg olie en joghurt by. Meng goed.
Voeg klapper, poppysaad en gesifte bruismeel by. Meng goed. Gooi in 2 gesmeerde panne.
Bak 180 grade
 
Papawerkoek se Versiersel
200 gr milkybar. Smelt, voeg melk by
90 ml melk
120 ml gesifte versiersuiker
Meng alles tot glad.
Voeg 45 ml gesmelte margarien en
5 ml vanilje en extra
100 ml versiersuiker by
Meng tot glad
Plaas in yskas as dit te loperig is.
 
 

 


BOTTERKOEK (UIT KOOK EN GENIET)

125 g botter                                                               
375 ml suiker
5 ml vanielje                                                              
3 eiers
625 ml koekmeel                                                     
20 ml bakpoeier
2,5 ml sout                                                                  
200 ml melk
Verhit oond tot 180ºC.  Smeer laagkoekpanne/diep koekpan/ 2 randkoekpanne en plaas gesmeerde papier onder in.   Klop botter met ‘n houtlepel en voeg suiker geleidelik by.  Klop tot lig en romerig en voeg geursel by.  Voeg eiers een-een by en klop baie goed na elke byvoeging.  Sif meel, bakpoeier en sout saam en voeg dit al siftende beurtelings met die melk by geroomde mengsel.  Klop mengsel tot alles goed gemeng is en dit ‘n fluweelagtige voorkoms het.  Moenie roer nie, maar klop.  Skep beslag in voorbereide panne.  Bak 25 -35 min lank.  Keer koek dadelik op draadrak uit om af te koel.
 
Variasies:
Sjokoladekoek:    Sif 60 ml kakao saam met meel en bakpoeier en vermeerder botter tot 200 ml.
Lemoenkoek:       Laat vanielje weg en voeg gerasperde skil van 1 lemoen by en vervang ½k melk met    lemoensap. Sit opmekaar met ‘n lemoenvulsel Klop 4 e botter en roer ¾k versiersuiker geleidelik by.  Voeg 1-2 e lemoensap en 2 t gerasperde lemoenskil by en roer nog ¾k versiersuiker by. 
Klapperkoek:      Voeg 1 k fyn klapper by mengsel en bak in laagkoekpanne.
Kolwyntjies:        Bak beslag 15 minute lank in gesmeerde kolwyntjiepanne.  Die hoeveelheid is genoeg vir            30 -36  kolwyntjies.
 
 

No comments:

Post a Comment