Wednesday 4 October 2017

Kaasskons


Hierdie maklike resep het ek by my vriendin Rochelle gekry wat dit weer by haar skoonma gekry het.  'n Lekker maklike en vinnige bederf.

KAASSKONS
2 koppies koekmeel
5 tlp bakpoeier
½ tlp sout
mosterd na smaak
knippie rooipeper (bo-op)
2 eiers
2 eetl olie
1 koppie melk
1 koppie gerasperde kaas


Meng al die nat bestanddele in ’n maatbeker, sif die koekmeel, bakpoeier, sout en mosterd saam. Meng alles goed saam tot daar geen klontjies oor is nie. Gooi die handjie kaas by en roer deur.
Giet loperige deeg in ’n voorbereide muffinpan en bak vir ± 20 minute by 200°C.

Lewer 12 skons.

No comments:

Post a Comment