Wednesday 4 October 2017

Eierbakkie Ontbyt




Eierbakkie
1 sny brood, aan albei kante met botter gesmeer
1 stukkie gerookte ham
1 ekstra-groot eier
Sout en peper na smaak
Kaas gerasper
Rooipeper

Voorverhit die oond tot 200°C. Voer ‘n muffinpan met die sny brood uit sodat die punte tot teen die bakkie se rante kom. Voer die broodmandjie uit met die ham. Breek die eier binne-in, geur met sout en peper.  Strooi kaas oor en 'n bietjie rooi bo-oor.  Bak die eier vir 5-10 minute (na gelang van hoe sag of hard jy dit verkies) 

 Genoeg vir een.





No comments:

Post a Comment