Tuesday 24 October 2017

Sultansgenot



Hierdie is 'n ou staatmaker resep.  Niks is so maklik en vining om te maak nie.

Vir hierdie tert het ek al 'n paar verskillende name gehoor:  Die Onwerklike Tert / Sultansgenot / Klappertert / Klappermelktert

Probeer dit en besluit dan watter naam jy dit gaan noem.

Dis waarlik onwerklik hoe die tert lyk as dit klaar gebak is. Die bestanddele word alles op een slag in ‘n bak gegooi, maar as dit gaar is het die tert ‘n behoorlike kors, met ‘n vlavulsel in die middel en ‘n klapperbolaag.

4 eiers
50 ml margarien
200 g (250 ml) suiker
60 g (125 ml) koekmeelblom
2 ml sout
3 ml bakpoeier
500 ml melk
80 g (250 ml) klapper
5 ml vanieljegeursel

Voorverhit die oond tot 180*C.
Plaas al die bestanddele in ‘n mengbak en klits goed totdat al die bestanddele goed gemeng is. (baie loperige mengsel)

 Giet in ‘n gesmeerde oondvaste 24 cm-tertbord en bak sowat 45-55 minute lank of totdat die bokors goudbruin en die vlavulsel gestol is.



No comments:

Post a Comment