Wednesday 4 October 2017

Piesang-karamelkoek



Vir my dierbare suster se 60ste verjaardag moes ek uithaal en wys om haar te bederf. 

Die basis resep was 'n piesang-karamelkoek wat jy 'n paar dae voor die tyd reeds kan bak.  Saam met die koek is daar 'n heerlike karaml-versiersel asook 'n botterversiersel vir buite om en 'n sjokolade ganache.  Die koek is met verskeindeheid lekkergoed ens versier.


Piesang-karamelkoek

675 ml bruismeel
120 g botter, in blokkies gesny
5 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
2,5 ml gemaalde kaneel

350 ml strooisuiker
6 ryp piesangs, fyngedruk
2 eiers
60 ml melk


Versiersel
 1 blik (380 g) karamel
125 ml vars room
10 ml kitspoeding (= poeier), vanielje- of karamel
50 g gevlokte amandels, gerooster


Stel die oond op 180 °C. Sif die meel in ‘n bak en vryf die botter daarin of gebruik ‘n voedselverwerker. Roer die bakpoeier, koeksoda, kaneel en suiker hierby in. Maak die piesangs fyn. Klits die eiers en melk saam en voeg by die meelmengsel. Verdeel die mengsel in twee voorbereide panne van sowat 24 cm in deursnee. Plaas in middel van voorverhitte oond en bak vir sowat 40 tot 60 minute of tot gaar. Haal uit oond en laat afkoel in panne.

Versiersel: Klits eerste drie bestanddele saam en smeer die mengsel tussen die twee lae en bo-op die koek. Strooi amandels bo-oor.

Lewer agt groot porsies.



Sjokolade Ganache
Gebruik 100g donder sjokolade met 2 eetlepels room.  As jy die room uitlos is die dripsels langs die kante geneig om te kraak as die sjokolade set. Met die room bly dit sag maar tot ferm genoeg.  Plaas in 'n glasbak en mikrogolf op 50 % krag vir 2 tot 4 min.  Roer elke min om.  Laat afkoel en gooi oor koek


BOTTERVERSIERSEL500 g botter
650 g (1 250 ml) versiersuiker, gesif
80 ml kakao, gesif
Room botter vir versiersel tot lig en romerig in jou elektriese menger.
Voeg versiersuiker en kakao by. Meng goed.






No comments:

Post a Comment