Friday 27 July 2018

Maaskaastert



Hierdie resep het ek by Debbie van der Bank gekry

Maaskaastert

Kors:
1 pakkie Mariebeskuitjies / Tennisbeskuitjies (gekrummel)
halwe koppie margarien gesmelt

Vulsel:
1 eetlepel gelatien opgelos in 'n halwe koppie kookwater
1 bakkie gladde maaskaas

1 teelepel vanieljegeursel
1 blik kondensmelk
halwe koppie suurlemoensap
1 houertjie orleywhip
1 pakkie jellie (van jou keuse)

Metode:

Gebruik 'n langwerpige glasbak.

Krummel die beskuitjies en meng met gesmelte margarine, sit onder in die glasbak.

Klop die orleywhip tot styf.  Vou die kondensmelk, maaskaas, afgekoelde geletien, vanieljegeursel en suurlemoensap by.  Klits tot goed gemeng.

Gooi mengsel bo-oor die beskuitjies.  Plaas in die yskas tot gestol.

Maak jellie aan en laat dit eers goed afkoel, gooi bo-op die tert.  Plaas terug in die yskas dat die jellie kan stol.

Wenk:

Stukkies vrugte kan ook saam met die jellie gemeng word.




No comments:

Post a Comment