Friday 27 July 2018

Quiche



Hierdie resep het ek by Trish gekry

6 snye wit brood (sny korsies af en sny in dobbelsteentjies) - het al bruikbrood ook gebruik
1 koppie melk
1 eetlepel margarine

Sit alles in 'n pot, op 'n lae hitte laat botter smelt en verwyder van die stoof af.  Roer alles deurmekaar

1 blikkie tune (gooi die water af en vlok)
1 ui gerasper
1 koppie kaas gerasper ( hou van die kaas om bo-op die tert te strooi)
4 eiers geklits
1 teelepel sout
swart peper

Meng bogenoemde saam met die broodmengsel.  Sit in 'n gesmeerde tertbord en bak op 180C vir 40minute.

No comments:

Post a Comment