Thursday 19 July 2018

MAYONNAISE HOENDER



Een van die eerste resepte wat my seun ook onder die knie kon kry.  Hierdie resep is 'n reuse sukses en die volgende dag smaak dit net nog lekkerder.

MAYONNAISE HOENDER
1 koppie kookwater
1 pakkie bruin uiesop
1 koppie mayonaise
1 koppie chutney
Hoenderstukke (strooi 'n bietjie speserye oor na smaak)

Meng alles en gooi oor hoenderstukke
Bak bedek (ek gebruik sommer my braaibak) teen 180C vir 60 min, verwyder die deksel en bak vir nog so 30 minute.

Wenk:  Sit aartappels en wortels by die vleis.  En ander soorte vleis kan ook gebruik word.

No comments:

Post a Comment