Thursday 22 November 2018

Nachos


My eie weergawe van die Spur se Nachos

NACHOS Die nachos maak mens van Tortillas wat mens opsny.Sny elke tortilla in ses stukke en braai in 'n pan met plus minus 2.5 cm diep olie tot bros en bruin. AS jy hulle nie self wil maak nie kan jy die nachos by Spar of Woolworths koop.  Of gebruik Dorito's chips in die plek.
Gekerfde blaarslaai
Guacamole (maak sommer jou eie resep volg)
4 tamaties geskil en gekap
Gerasperde cheddar kaas
Roomkaas (sommer 'n kaassous in 'n sakkie gebruik)
1 ui gekap
Chillie (optioneel)

METODE:

Begin met die nachos en pak in lae tot by die kaas heel bo-op. 
Skep 'n groot lepel hoogvol guacamole bo-op en bedien dadelik


TUISGEMAAKTE GUACAMOLE
2 avokadopere
sap van halwe suurlemoen
30 ml fyngekapte uie
2,5 ml sout
30 ml olyf olie

Sny die avokado's deur. Verwyder die pitte en skep die vleis uit in 'n mengbak. Gebruik 'n vurk om die avokado fyn te maak, en roer dan die suurlemoensap, ui, sout en olyfolie in. Bedek die bak en verkoel vir 1 uur voor opdiening.

No comments:

Post a Comment