Thursday 22 November 2018

Kerrie-Tuna Kelkie



Hierdie res het ek jare terug by Brenda gekry wat saam met my gewerk het.  Haar ma het die oulikste boekie met resepte vir haar gegee toe hulle as jong getroudes in Frankryk vir die diplomatieke diens gewerk het en baie mense onthaal het.

Kerrie-Tuna Kelkie
1 klein gesnipperde slaaikoppie
195g blikkie tuna gedreineer
125ml mayonnaise

5ml kerriepoeier
25ml suurlemoensap
3 piesangs
paprika
1 suurlemoen

Verdeel slaai tussen 6 kelkies.
Dreineer en vlok tuna.
Meng mayonnaise, Kerrie en suurlemoensap.
Sny piesangs in skyfies en voeg by vis.
Meng liggies met mayonnaise-mengsel.
Skep mengsel oor gesnipperde slaai en besprinkle met paprika.
Versier met suurlemoenskyfies en olywe.
Bedien

Wenk:
Hierdie kan selfs in 'n halwe avo bedien word.

No comments:

Post a Comment