Friday 23 November 2018

Fop Shrimp Voorgereg


Hier is 'n heerlike resep wat as 'n voorgereg of as 'n lekker ligte ete gebruik kan word.
Die resep het ongelukkig nie hoeveelhede nie en moet jy maar jou eie skattings gebruik.


Fop Shrimp Voorgereg

Kook heel koring met bietjie sout. (ek het 1 koppie korring op 3 koppies water en 5ml sout gebruik)
Gooi in vergieter. Maak die koring korrels los met 'n vurk voordat jy dit meng.


Meng met gesnipperde Tuna (ek het 1 blikkie gebruik, dreineer ook water/olie af)

Meng mayonnaise, sout, bietjie peper en titsel tamatiesous (gebruik genoeg dat die sous so 'n pienk kleur het).

Meng die sous, koring en tuna saam.

Bedien bo-op kropslaai met 'n skyfie suurlemoen.

NOTA:
Hierdie kan die dag voor die tyd gemaak word en in die yskas gehou word vir 'n paar dae.
Ek het 'n halwe ui fyn gekap en ook by die mengsel gesit asook 'n bietjie pietersielie.  Kan dit self opdien in 'n halwe avo.

No comments:

Post a Comment