Thursday 22 November 2018

Verneuk Sult



My ma en pa het altyd het altyd die lekkerste sult gemaak as hulle afval gekook het.  Maar ongelukkig is afval nie iets wat ek ooit sal gaarmaak nie.  Dus was ek baie opgewonde toe ek hierdie resep kry.


Verneuk Sult
Die resep is nou rêrig ‘n randrekker en die blikkie boelie bief word gerek tot waar hy nie meer kan nie!


Bestandele:
1 blikkie boeliebief (met vurk gepluis)
3.5 eetlepels gelatien
1 medium ui, gerasper (ek het dit net baie fyn gesny)
4 hardgekookte eiers, in skywe gesny (ek het myne kleiner gesny)
2 eetlepels kerrie of na smaak (het 'n bietjie meer gebruik)
2 knoffel huisies skoon gemaak en fyn gedruk
1 teelepel borrie
1½ koppie koue water
Ekstra 1/4 koppie warm water om gelatien mee aan te maak

Meng boeliebief, kerrie, koue water en res van bestandele saam
Laat dit stol in yskas en sny in skywe
Nota: Maak die gelatien laaste aan met warm water. Roer goed deur om op te los en roer dan dadelik in by mengsel. As jy dit voor die tyd aanmaak begin dit stol en is dit taai wanneer jy dit by mengsel wil inroer

Voordat jy dit oorgooi in bak om in yskas te stol, proe eers en maak seker dat dit aan jou smaak voldoen. Is dit sout genoeg, te min of te veel kerrie, of wil jy dit dalk bietjie soeter hê, en so meer

Gee die sult kans om in yskas te set en dien eers op die volgende dag wanneer die bestandele kans gehad het om geure behoorlik te kon vermeng of soos wat in kos kringe gesê word: “met mekaar te gesels”

Pasop om nie ‘n te groot ui in die mengsel in te rasper nie, want die mengsel is nie groot nie en kan veroorsaak dat die ui ‘n te sterk geur het en die smaak van die sult oorheers.

Die resep is iets om te probeer en as jy van ‘n sult gereg hou, sal jy dit geniet.
 
NOTA:  Ek sal volgende keer die ui en knoffel eers braai in die kerrie, dit laat afkoel en dan die res van die bestanddele byvoeg.  Ek het meer as 'n week na ek dit gemaak het dit nog gebruik en was nog net so lekker soos die eerste dag.


No comments:

Post a Comment