Friday 12 February 2016

Petro se Kerrie Noedelslaai




Petro se Kerrie Noedelslaai
1 pak noedels gekook (die resep werk ook lekker met spaghetti)
1 Soetrissie in repies gesny (ek gebruik sommer geel, groen en rooi)
1 Ui gekap

Sous
250ml Tamatiesous
125ml Asyn
125ml Olie
200ml Suiker
25ml Kerriepoeier
Knippie Sout
Optioneel 'n paar druppels Tobasco

Koop pasta gaar in soutwater soos op pakkie aangewys.  Pasta moet nie pap gekook wees nie.  Gooi water af.

Terwyl die pasta kook, berei die sous voor.  Gooi bietjie olie in pot, gooi die rissie, ui en kerriepoeier by.  Roer tot uie deursigtig is.  Gooi die tamatiesous,  asyn, res van die olie, suiker en sout by.  Kook die sous vir 'n rukkie.  Gooi die warm sous oor die pasta.  Verkoel oornag in die yskas, hoe langer hy staan hoe lekkerder is dit.

Ek het die pasta gebottel en in die yskas gehou en 'n maand later was dit nog heerlik gewees.

No comments:

Post a Comment