Friday 12 February 2016

Pieter se Skapie Koek



Pieter se Skapie Koek

Soms moet 'n mens maar dink waarvoor jy wens.  Vriendin vra ek moet asseblief help, Pieter soek 'n skapie koek vir sy verjaardag.  Ma bak vir ons 'n koek en ek en vriendin versier die koek.  Ons het die volgende foto gebruik as inspirasie om die boonste een te maak met versiersuiker en lekkers.



4 KOP KOEK (kan met gemak 2x aangemaak word vir plat pankoek)
HIERDIE KOEK WERK LEKKER OM KINDERKOEKE TE MAAK – MAKLIKE STEWIGE KOEK VIR SNY DOELEINDES
(Vir sjokolade koek, voeg 4 eetl kakoa by)
4 koppies meel
4 eiers
4tl bakpoeier
250gr botter
2 kop suiker
2 kop melk
½ tl sout
1 tl vanilje
Room botter en suiker en voeg eiers by
Voeg droe bestandele en melk by
Voeg vanilje by
Bak vir 1 uur by 180grade C


No comments:

Post a Comment