Friday 12 February 2016

Stampmielie Gereg



Stampmielie Gereg

3 koppies stampmielies
1 koppie Mayonaise
1 Uie gekap
1 pakkie Sampioensop
1 koppie Room (ek het so 2 koppies gebruik)
1 pakkie Wit Uiesop
1 pakkie spek
Kaas

Gooi stampmielies die vorige aan in water.  Spoel die volgende oggend af en kook tot sag in sout water.

Braai spek en uie tot gaar.

Meng Mayonaise, room en sop saam.  Meng alles saam en gooi in oondpan.  Rasper kaas bo-oor.  Ek het so 'n bietjie rooipeper bo oor gestrooi.  Bak op 180 C tot kaas gesmelt het, bedien warm.

No comments:

Post a Comment