Thursday 30 June 2016

Elsa se Roer-broodjie



Elsa se Roer-broodjie

Hierdie is 'n resep wat ek by my ma gekry het.   Die basis resep gebruik ek altyd en verander dit dan soos ek wil.

1 x 500g bruismeel
1 x houertjie karringmelk (of maak sommer jou eie suurmelk met melk en wit asyn)
1 x pakkie sop (ek gebruik altyd uie of sampioen, maar het al van die ander geure ook probeer)
1 x koppie kaas, gerasper

Meng die meel, soppoeier en karringmelk saam.  Sit in 'n gesmeerde broodpannetjie en strooi kaas bo-oor.

Ek gooi altyd so 'n bietjie rooipeper bo-oor.

Bak op 180 C vir so 45 min, toets met 'n pennetjie om te kyk of dit gaar is.

Hierdie broodjie het ek feta, gekarameliseerde tamatie en uie en pampoenpitte bo-oor gestrooi.

No comments:

Post a Comment