Thursday 30 June 2016

Rosyntjiebrood



Rosyntjiebrood
Jy sal die broodjie moet wegsteek vir die huismense, anders bly daar niks oor vir die gaste nie!
1 pakkie van 500 g bruismeel
180 ml suiker
1 geklitste eier
125 ml water
250 ml melk
250 ml rosyntjies
5 ml sout
Glaseersel (opsioneel)
Eier geklits met bietjie melk
1. Stel oond op 180 C.
2. Plaas al die bestanddele in 'n mengbak en meng tot 'n deeg. Skep in 'n voorbereide broodpannetjie. Smeer 'n bietjie glasseersel** bo-oor. Bak 1 uur of tot toetspen skoon uitkom.
3. Laat 'n rukkie in pan afkoel, keer uit op draadrak en laat afkoel. Bedien met botter.
Wenke
Gebruik die res van die eier-melkmengsel van die glasseersel om Franse braaibrood te maak.

**  Ek het 'n bietjie gaan naslaan oor die glasseersel en het op die einde van die dag 'n eiergeel, klein bietjie melk en 'n klein bietjie suiker gebruik.



Niks so lekker as die warm korsie met die 'n leksel botter op nie

No comments:

Post a Comment