Thursday 30 June 2016

Melktertjies


Vir my suster so dogter Lindy en haar man Wayne se troue het ek hierdie klein melktertjies gemaak vir nagereg.

Kors
1 x Tennisbeskuitjies (gekrummel)
Botter (gesmelt)

Meng die krummels en botter en plaas onder in die bakkies.

Vulsel
  • 500 ml volroommelk
  • 1 kaneelstokkie
  • 10 ml botter
  • 2 eiers, geskei (groot)
  • 15 ml koekmeelblom
  • 15 ml mielieblom
  • 60 ml suiker
  • 1 ml amandelgeursel
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 1 ml sout

  • Vulsel:
    1. Plaas 500 ml melk, die kaneel, sout, die helfte van die suiker en botter in ’n dikboomkastrol en laat opkook.
    2. Meng intussen die orige suiker, mielieblom, meel, eiergeel en geursel met die orige 250 ml melk en klits totdat daar geen klonte in is nie.
    3. Verwyder die melk van die stoof, haal die kaneelstokkie uit en klits die meelmengsel baie vinnig met ’n draadklopper by tot gemeng. Plaas terug op die stoof en laat prut vir 5 minute (ek het dit 'n klein bietjie langer gekook omrede die pap nie in die oond verder gebak is nie). Laat dan ’n bietjie afkoel vir 10 minute.
    4. Klits die eierwitte tot stywe punte en vou in die mengsel.


    Skep die vulsel in die houertjies en strooi 'n bietjie kaneel (ek het sommer kaneelsuiker gebruik) bo-oor.

    Die idee met die klein houertjies nagereg was om meer as een nagereg vir die gaste te bedien.  Ons het die idee op 'n vorige funksie gesien en gedink dit is baie oulik.

    No comments:

    Post a Comment