Friday 16 March 2018

Rochelle se Kaasskons



My vriendin se skoonma se resep.  Sommer 'n lekker maklike en vinnige resep om gaste te bederf.

Rochelle se Kaasskons

2 koppies koekmeel
1 teelepel bakpoeier
½ teelepel sout

mosterd en rooipeper na smaak
2 eiers
2 eetlepels olie
1 koppie melk
1 koppie gerasperde kaas

Sif droë bestanddele saam

Meng liggies met die res tot sagte deef vorm.  Skep in muffin pan (ek het sommer net op 'n bakplaat geskep) en bak vir 15 - 20 min in 'n warm oond teen 200° C.

Wenk:  Jy kan ander goodies by meng soos spekvleis, spinasie, etc.  Die kaas kan ook uitgelos word.



No comments:

Post a Comment