Thursday 15 March 2018

Vinnige Maklike Wrap



Nog 'n baie maklike maaltyd.  As jy nie jou eie wraps wil maak nie koop 'n pak by jou plaaslike winkel en hou dit in die vrieskas.  Berei die vulsel vir die wraps voor die tyd want as jou pan warm is en jy bak of warm die wrap op gaan jy gou moet speel as dit reg is. 


Vinnige Maklike Wrap

Bestanddele:

3k Meel
1 eetl. Olie
1t Sout
1½ k Kookwater

Metode:

  1.     Jy voeg alles bymekaar (versigtig is bietjie warm)
  2.     Bewerk en knie tot lekker stywe, uitrol bare deeg.
  3.     Rol gholfbal grote balle, poeier met meel en rol elkeen so 1 tot 2 mm dik uit.
  4.     Bak dit in ‘n warm (nie rooiwarm), vetvrye pan net tot dit begin blase maak.
  5.     Kyk dat dit nie brand nie.
  6.     Draai om en bak ander kant.

Wenk:

Gooi genoeg meel op die toonbank. Dan meel op die deeg. Rol so bietjie, draai 90 grade. Rol bietjie, draai 90 grade. Tot dit mooi rond en dun is.  Dan in ‘n warm warm pan. Laat die pan eers op die plaat staan en warm raak vir ‘n ruk.

No comments:

Post a Comment