Thursday 15 March 2018

Piesang Karamel Flan


Flan - iets wat die ouer garde sal onthou.  As jy 'n pan soek gaan hoor by die winkels wat bakgoed verkoop. 

Die beste beslag wat vir my gewerk het is my rolkoek se beslag

KORS VIR FLAN
1 koppie meel
½ teelepel sout
6 eiers (geskei)
1 koppie strooi suiker
2 eetlepels suurlemoen sap
1 teelepel vanilla geursel

Klits eiergeel en suiker saam tot liggeel en romerig.
Voeg droeë  bestandele by.
Klits eierwit styf (maak seker klitser is skoon en droog).
Vou eierwitte in die mengsel.
Bak teen 200˚ celcius vir 10 tot 15 minute.

Toets pen moet skoom uit die middel kom.

Spuit jou pan deeglik, ek het ‘n bietjie meel ook binne in gestrooi voordat ek die beslag in gegooi het.

Keer die flan met pan en al oor op ‘n rakkie.  Laat effens afkoel.  Wees net baie versigtig die middelste gedeelte is baie dunner as die rand.

Raad wat ek by my pa jare terug gekry het:  as dit nie wil uitkom nie sit ‘n natlap oor die pan, dit dan stoom dit tussen die pan en koek en kom dit koek sommer gou los.


Ek het karamel en piesang gebruik vir die vulsel en bo-op orley whip gesit.

Gaan loer onder my ouer resepte daar is nog verskeie idees vir vulsels.

No comments:

Post a Comment