Thursday 15 March 2018

Skud en Skommel Pizza Deeg


Hierdie is 'n groot staatmaker resep uit een van die Wenresepte boeke deur Annette Human.  As ek nie bruismeel het nie vervang ek dit met koekmeel en sit net 'n bietjie bakpoeier by.  Dit is 'n lekker dun kors.  Lekker om oor die naweek te maak met al daardie bietjies oorskiet in die yskas.

Skud en Skommel Pizza Deeg
750 ml bruismeel
200 ml kookwater
200 ml sonneblomolie
5 ml sout

Plaas bruismeel, kookwater, olie en sout in ‘n groot plastiekhouer met deksel wat dig seël.
Sit deksel op en skud dit goed op en af, heen en weer totdat dit ‘n deeg vorm.
Druk deeg liggies in twee sirkels van sowat 25 cm in deursnee.
Rol net die deeg lekker dun uit (ek druk die deeg net in 'n gesmeerde bakplaat met die hand plat)
Plaas ‘n vulsel van jou keuse op en bak op matige rooster vir sowat 30 minute lank. (smeer 'n bietjie tamatiesmoor, ens op die deeg en pak dan jou vulsel op, strooi kaas bo-oor)  Of in voorverhitte oond by 180 grade C vir 30 minute

No comments:

Post a Comment