Wednesday 15 April 2020

Paasfees Vrugte Wiele


Lockdown 2020 sal ons seker nooit vergeet nie, 'n mens leer dan om te bak en brou met wat jy in die huis het.  Met die gejaag om alles in plek te kry vir ons 3 weke lockdown het daar so hier en daar iets vergete gebly.  Soos kom ek agter dat ek nie eens Paaseiers of Paasbolletjies in die huis het nie.

Paasfees Vrugte Wiele
1 Rolletjie Deeg (koop sommer by die winkel of gebruik brooddeeg)
Botter
Bruinsuiker
Kaneel
Koekvrugte
1 Eier gemeng met 25ml melk
Versiersuiker
Kookwater

Rol die deeg oop.  Smeer botter oor die deeg en strooi die bruinsuiker en kaneel oor.  Nou kom die koekvrugte.  Rol die deeg styf op.  Sit die rol in die vrieskas vir so 30min.  Sny nou die rol in wiele, smeer die eier/melk bo-oor en bak op 180C tot gaar.  Laat afkoel en meng die versiersuiker met kookwater en versier die wiele.

No comments:

Post a Comment