Wednesday 15 July 2020

Piesang Wortelkoek met Roomkaasversiersel en gesuikerde skil lemoene versiering







Ek het hierdie resep by my bakster vriendin gekry.

Piesang Wortelkoek
200g (250ml) witsuiker
250ml sonneblomolie
3 eiers

200g (375ml) koekmeelblom
10ml bakpoeier
10ml kaneel
5ml koeksoda
250g (250ml) piesangmoes
125g (250ml) grof gerasperde geelwortels
50g (125ml) gekapte okkerneute

Voorverhit die oond tot 180C.  Bespuit met kleefwerende kossproei 2 laagkoekpanne van 23cm in deursnee of 'n vierkantige pan van 24 x 24cm (dis raadsaam om die boom van die verkantige pan met waspapier uit te voer).

Klits die witsuiker, sonneblomolie en eiers baie goed saam.  Sif die koekmeelblom, bakpoeier, kaneel en koeksoda saam en meng dit met die suikermengsel.  Voeg die piesangmoes, geelwortels en okkerneute by en meng liggies.

Skep die beslag in die pan(ne) en maak dit gelyk.  Bak dit 25 tot 35 minute in die laagkoekpanne of 45 tot 55 minute in die vierkantige koekpan.  Keer dit versigtig op draadrakkie uit om af te koel. 

Vul en versier met roomkaasversiersel en hou die koek in die koelkas. 

Dit vries ook goed.

Roomkaasversiersel
100g (110ml) margarien (MOENIE SMELT NIE, MOET NET SAG WEES)
200g (375ml) versiersuiker, gesif
100g (100ml) roomkaas
5ml vanieljegeursel
gekapte okkerneute (opsioneel)

Verroom die margarien en versiersuiker.  Vou die roomkaas en vanieljegeursel liggies met 'n metaallepel in.  (MOENIE KLITS NIE, WANT DAN WORD DIE VERSIERSEL LOPERIG)
Smeer die versiersel tussen die koeklae en bo-op of net bo-op.  Strooi okkeurneute oor net voordat die koek gesny word.  Hou dit in die koelkas.



Gesuikerde Lemoenskil 

215g (1cup) caster sugar
3 oranges, rind cut into long thin strips (ek het my groenteskiller gebruik)
60ml (1/4 cup) water

To make the candied rind, place a wire rack over a baking tray.  Place the orange rind in a small saucepan of boiling water for 10 seconds.  Drain.  Repeat.
Stir the sugar and water in a saucepan over low heat until the sugar dissolves.  Bring to the boil.  Reduce the heat to medium-low.  Add the orange rind to the syrup.  Simmer, without stirring, brushing down the side of the pan occassionally with a pastry brush dipped in water, for 5 - 10 minutes or until the rind is slightly transparent.  Use tongs to transfer the rind to the wire rack to cool and harden.

No comments:

Post a Comment