Monday 8 June 2020

Gestolde Mielieblom


Seker een van die eerste dinge wat ek geleer het in standard 6 in huishoudkunde was om hierdie te maak.

25ml suiker
20ml mielieblom
10ml kakao

knippie sout
200ml melk
1ml vanieljegeursel

Met al die droë bestanddele saam met 20ml melk.
Kook die res van die melk, voeg nou bietjie vir bietjie by die droë beslag.
Plaas terug op stoof en laat stadig kook vir 3 minute.
Roer slegs tot dit kook.
Voeg vanieljegeursel by, laat afkoel.
Gooi in vorm

No comments:

Post a Comment