Monday 8 June 2020

Klapper-en-Hawermout-koekies



Klapper-en-Hawermout-koekies

(Lewer ongeveer 72 blokkies)
3 koppies klapper
1 koppie meelblom
4 koppies hawerbout (die met groot vlokke)

1.5 koppies suiker
halwe teelepel sout
1 teelepel fyn kaneel
1 koppie botter of margarien
3 eetlepels gouestroop (vervang met heuning)
1 - 2 teelepels koeksoda, opgelos in 4 eetlepels melk.

Voorverhit die oond tot 180 C
Meng al die droƫ bestanddele saam
Smelt die botter / margarine  en stroop saam, meng goed en voeg by
Roer die koeksodaoplossing by.  Sorg dat dit goed versprei is
Druk mengsel in 'n enkellaag van omtrent 1cm dik in 'n gesmeerde bakplaat vas
Bak 15 - 20 minute
Sny in blokkies so groot soos verkies terwyl nog warm, lig uit pan en laat op draadrak afkoel


No comments:

Post a Comment