Monday 8 June 2020

Mariaan se Tunatert


Tydens lockdown sien ek hierdie resep op 'n vriendin se facebook.  Ek besef later dat hierdie 'n resep is wat ek jare terug by 'n kollega se vrou gekry het.  


Mariaan se Tunatert

250ml melk
15ml botter
2 snuy brood, sny in blokkies
1 ui, fungekap
2 eiers, geklits
250ml cheddarkaas
1 x 410g tune, gedraineer

Verhit die melk en botter tot botter gesmelt het.  Week brood in melkmengsel.
Meng tuna, uie, broodmengsel, helfte van die kaas en eiers.  Skep in gesmeerde tertbord 20cm.  Strooi die res van die kaas bo-oor.  Bank teen 180C vir 30 minute.  Laat afkoel en haal uit die pan.


LET WEL:
Ek het net 1 blikkie tuna gebruik en 'n halwe koppie mieliepitte bygevoeg.
Die basis resep kan gebruik word en enige ander vulsel kan gebruik word.

No comments:

Post a Comment