Wednesday 20 July 2016

Appelkooskonfyt in Mikrogolfoond


My gunstelling konfyt.  'n Mens se eie konfyt smaak darem maar net lekkerder as die in die winkel.

Maak flesse deur die loop van die jaar bymekaar. 


Sit flesse in lekker seepwater, laat hulle 'n bietjie week.  Gewoonlik kom van die labels lekker af, maar dan is daar van hulle wat weer klou vir lewe of dood.  Daar is baie raad hoe om dit te verwyder, maar ek gebruik 'n bietjie Terpentyn / Benzine of Parraffin .  Sit 'n bietjie Terpentyn / Benzine of Parraffin op 'n lap en vryf oor die gom, jy sal sien dit kom sommer gou af.  Was die flesses net weer in seepwater en laat droog word.  Draai die deksel op en is weg tot jy benodig. 

Voor ek dit gebruik spoel ek dit net weer uit en sit hulle in warm water of in 'n warm oond.


Appelkooskonfyt in Mikrogolfoond

1kg appelkose
900g suiker
5ml sout
1 suurlemoen se sap

Sny appelkose oop en verwyder die pitte.  Gooi die appelkose (ek sit 'n paar pitte ook in die konfyt) in 'n bak en bedek met suiker.  Laat staan oornag.

Voeg die suurlemoensap en sout by.  Die suiker het oornag begin smelt.

Mikrogolf vir 35 - 40 minute teen 100 present krag (ek roer dit so nou en dan).  Skep die skuif af en skep in warm gesteriliseerde flesse en seël dadelik.

Hoe toets jy konfyt?Plaas ’n piering vir 15 minute in die yskas. Gooi ’n klein bietjie warm konfyt daarin. Laat staan vir 5 minute. Stoot die konfyt met jou vinger – as plooitjies bo-op vorm, is dit reg.

No comments:

Post a Comment