Wednesday 20 July 2016

Tannie Hantie se Sousbone




Die eerste keer dat ek Sousbone gemaak het, het 'n vriendin se ma die resep vir my gegee.  Na ek dit die eerste keer gemaak het, het ek nog nooit weer 'n ander resep probeer nie.

Tannie Hantie se Sousbone

1 sakkie wit niertjie boontjies (ek gebruik die rooi spikkel boontjies ook)
1 teelepel sout
bietjie swart peper

3/4 koppie asyn (bruin)
3 koppies suiker (jy kan 'n bietjie minder gebruik)

Week boontjies oornag in koue water.
Spoel deeglik af.
Stoom boontjie in water met 'n bietjie sout vir so 'n uur.
Gooi water af
Voeg al die bestanddele by en laat stadig kook vir 'n rukkie.
Skep uit en bottle.

As die sousie dalk 'n bietjie te dun is gebruik 'n klein bietjie mielieblom en water om dit dikker te maak.

No comments:

Post a Comment