Friday 15 July 2016

Lemoen Karringmelkbeskuit


 
Hierdie heerlike resep het ek in 'n Lig Tydskrif gekry.  Sommer dadelik van die lemoen idee gehou aangesien ek dit al met marmalade ook gemaak het.  Probeer gerus jy sal nie spyt wees nie.
 
Karringmelkbeskuit
Lewer 100 stukke
2kg bruismeel, gesif
10ml (2t) sout
500g sagter botter
500g (3 koppies) suiker
500ml (2 koppies) karringmelk OF 1 liter, as jy ‘n sagter tekstuur verkies
4 ekstragroot eiers, by kamertemperatuur
Voorverhit die oond tot by 180 C. 
Sif die meel en die sout.  Vryf die botter daarin totdat daar fyn krummels vorm.  Roer die suiker by.
Klop die karringmelk en die eiers saam.  Voeg dit by die meelmengsel en meng dit goed.  Skep dit in gesmeerde broodpanne.
Bak dit sowat 50 – 60 minute lank by 180 C.
Laat dit afkoel.  Sny dit in stukke en laat dit uitdroog.
Pas jou gewone karringmelkbeskuit-resep aan:
Voeg 2.5 koppies lemoensap en fyngerasperde lemoenskil by vir elke 1.5kg bruismeel en 2 eiers.
En as jy ‘n appelkoosgeur op die proef wil stel, voeg gesnipperde, gedroogde appelkose en appelkoosjogurt by.
Die karringmelk kan met jogurt vervang word.
 
Wenke:
Die eiers in jou gemak moenie uit ‘n yskas kom nie – kamertemperatuur is die heel beste.
Wanneer jy die beskuit laat uitdroog, pak die gesnyde stukke langs mekaar en nie bo-op mekaar nie.  Versprei dit goed op die bakplaat.
Laat dit ten minste vier ure lank by 100 C uitdroog, totdat dit bros is.
Laat dit goed afkoel en bêre dit in lugdigte houers.

 
 
 
 
 

 

No comments:

Post a Comment