Wednesday 20 July 2016

Koffie Yskastert




Koffie Yskastert
Bestandele:

3 blokkies onversoete sjokolade
½ koppie suiker
2 teelepes kitskoffie
4 eiers, geskei
1 koppie margarien
1 koppie versiersuiker
1 teelepel vanilla
3 pakkies sponsbeskuitjies
½ koppie dik room geklop

Metode:

Smelt sjokolade oor kookwater.  Meng suiker met koffie wat aangemaak is met ¼ koppie kookwater.  Meng met effens geklitste eiergele.  Voeg by sjokolade.  Verwarm en roer gedurig tot gladde mengsel.  Koel af.

Klop margarien tot room, voeg ½ koppie versiersuiker geleidelik by.  Voeg sjokolademengsel en geursel by.  Klop deeglik.

Klits eierwitte styf en klop res van versiersuiker by.  Vou die sjokolademengsel in.

Gebruik ‘n losboompan, pak ‘n laag koekies om die rand en onder op die boom.  Gooi ‘n laag van die mengesel en dan weer koekies, ens.  Eindig met ‘n sjokolademengsel bo. 

Versier met geklopte room, fyn sjokolade en kersies.

Verkoel in yskas

WENK:  Week die koekies vinnig in ‘n bietjie koffie.


No comments:

Post a Comment