Wednesday 20 July 2016

Ma se Geelrys



My ma het altyd die lekker geelrys gemaak met lekker vet rosyne daarin.  Ons het altyd gespot en gesê dit is dooie vlieë.  Geelrys is heerlik saam met bobotie en 'n lekker Sondag skaapboud

MA SE GEELRYS
Bestandele:

250ml rys
1l water
25ml geelsuiker
1stuk pypkaneel
5ml sout
10ml fyn borrie
125ml ontpitte rosyne (opsioneel)
12.5ml margarien

Metode:

Was die rys deeglik af in koue water

Voeg al die ander bestanddele by die kokende water, behalwe die rosyne, die botter en die geelsuiker.

Voeg die rys stadig by en kook dit 20 minute lank vinnig

Gooi die water deur ‘n vergiettes af en stoom die rys met die rosyntjies en die pypkaneel 1 uur lank oor kokende water

Verwyder die pypkaneel en voeg margarien en suiker by.

Dien warm op

Wenk:  Vries die orige rys vir ‘n volgende dag


No comments:

Post a Comment