Wednesday 20 July 2016

Koejawels Ingemaak

 
 
 
Wintertyd is Koejaweltyd
 
 
As kind het my ouerhuis twee koejawelbome gehad.  As jy gaan kuier het in hierdie yd het ma altyd 'n sakkie koejawel saam gestuur.
 
 
Nou na jare leer my buurvrou Martha my die maklike manier om te sorg dat ons nog koejawel kan eet lank na die seisoen verby is. 


 
 
Skil die koejawels deeglik af.



 
 
Sny die koejawel in ringe, loer maar so deur die proses of jy nie 'n kuiergas in die koejawel kry nie.
 


Sit 'n laag koejawels in 'n bak strooi 'n bietjie suiker oor en maak die bakkie vol laag vir laag.  Sit die deksel op en sit dit in jou vrieskas.  Haal 'n bakkie uit wanneer jy daarvoor lus is en laat ontdooi.  Nou het jy heerlik koejawels reg deur die daar.  Ek belowe jy gaan nie weer koejawels inlê nie.

No comments:

Post a Comment