Wednesday 20 July 2016

Gemmerpoeding op die stoof



As jy lus is vir iets lekker, maak gou hierdie poeding op die stoof.  Die lekkerste gemmergeur en dan die lekker toffiesous, mmmmmm

Tannie Pieterse se Gemmerpoeding Resep

STROOP:
625ml water
310ml suiker
5ml gemmer


DEEG:
125ml botter (gesmelt)
125ml appelkooskonfyt
375ml koekmeel
10ml koeksoda (bietjie melk om dit mee te meng)
knypie sout

Sit die water, suiker en gemmer in 'n pot.  Roer tot die suiker gesmelt en die stroop gekook het.

Meng die gesmelte botter en appelkooskonfyt saam.  Voeg die koekmeel, sout en koeksoda mengesel saam.  Meng alles deeglik.

Skep nou lepels vol van die deeg in die kokende stroop.  Sit deksel op en kook stadig vir 10 min.  (ek kook dit altyd langer want ek soek 'n donker sous.

Bedien saam met vla of room (dit is lekker op sy eie ook).

No comments:

Post a Comment