Wednesday 9 September 2015

Botterskorsiepiekel




Botterskorsiepiekel
Lewer 2 flesse van 500ml

Piekel:
500ml witwynasyn
250ml suiker
Skil van 1 lemoen, in repe gesny
1 kaneelstok
500g botterskorsie, geskil, ontpit en in lang, dik repe gesny

Bring al die bestanddele buiten die botterskorsie tot kookpunt in 'n kasteol.  Voeg die botterskorsie by, bring weer net tot kookpunt en verwyder dadelik van die hitte (die pampoen moet nog lekker bros wees).

Skep in twee gesteriliseerde flesse.  Seel en bere.

No comments:

Post a Comment